Insekte - Leer insekte in Afrikaans!

Leer van insekte in Afrikaans! As jy jou kind van insekte wil leer is jy op die regte plek. In hierdie video leer ons van insekte, ons kyk hoe lyk insekte en leer ook interessante dinge van verskillende insekte. Ons kyk na die muskiet, by, sprinkaan, bidsprinkaan, skoenlapper, kakkerlak, kriek, skilpadbesie, mier, naaldekoker en vlieg. Om jou kind van insekte te leer is ook ‘n maklike manier om hulle te wys dat mens nie hoef bang te wees vir insekte nie. Kom leer saam van insekte in Afrikaans! Ideaal vir Gr RR-Gr1 kinders. Kleuters is mos mal oor insekte! Onthou om vir jou kind te wys as jy ’n insek sien. Toets hom dan om te kyk of hy die insek se naam ken. Onthou ook: As jy hou van hierdie video - “subscribe“ asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders! Ons is ook op Facebook:
Back to Top